Welkome reën val hier

Deur Liesel le Roux
TUSSEN 5 mm en 24 mm reën het Dinsdag in dele van die droë Klein Karoo uitgesak.

Volgens Jan Loubser van Oudts­hoorn-Noord het hy 10 mm by sy huis gemeet, terwyl Jan van der Bijl 14 mm in Wesbank gemeet het. André Barnard het 16 mm in die Kango Grotte-omgewing gemeet.

In die opvangsgebied van die Raubenheimerdam het 12 mm reën geval.

George Hattingh van Calitzdorp sê daar het 5 mm reën in die dorp geval, terwyl daar in die Groenfontein-gebied tussen Oudtshoorn en Calitzdorp 24 mm reën gemeet is.

Volgens Niekie Eksteen van De Rust het tussen 12 en 14 mm reën op dié dorpie geval, met 2 mm wat in Klaarstroom gemeet is.

Log in with your credentials

Forgot your details?