Sneeu, reën en koue

Inwoners van Oudtshoorn en elders in die Klein Karoo en Karoo het die week talle sneeufoto’s en ander foto’s van die koue op sosiale media gedeel. Die een is deur Niel Els geneem. Nog ’n foto op bladsy 7 wys hoe koud dit op Prins Albert was.

Bo: Sneeu op die Swartberge by De Rust, Woensdag geneem op tussen 4 500 en 7 500 voet uit een van Aifa se vliegtuie deur Andrich Olivier, Aifa-instrukteur.             Foto: Andrich Olivier

Bo: Sneeu op die Swartberge by De Rust, Woensdag geneem op tussen 4 500 en 7 500 voet uit een van Aifa se vliegtuie deur Andrich Olivier, Aifa-instrukteur. Foto: Andrich Olivier

Deur Liesel le Roux
DIE winter het sy tande sedert die naweek behoorlik in die Klein Karoo ingeslaan met temperature wat op plekke tot vriespunt en selfs laer gedaal het.

Inwoners van dié gebied is Maandagoggend begroet met sneeu wat spierwit op die Swartberge en die Klein Swartberge gelê het.
Die Swartbergpas is Maandag ook gesluit vir verkeer.

Gerald Becker, die hoof van provinsiale verkeer op Oudtshoorn, het gister gesê dat die pas vandag oopgestel sal word.

Ten minste een voertuig het Maandagoggend in die ys op die bergpas vasgeval en moes deur ’n 4X4-voertuig uitgetrek word.

Na bewering het ’n vrou ook die dag op die bergpas gegly en geval.

Baie mense uit die omgewing en ook besoekers het die geleentheid gebruik om in die sneeu op die berg te gaan baljaar.

Die eerste winterreën het ook geval.

Hoewel die Raubenheimerdam, Oudtshoorn se drinkwaterdam se vlak teen gister nog nie veel gestyg het nie, behoort die 33 mm reën wat by die dam gemeet is en die sneeu op die berge wel ’n invloed op die damvlak te hê. 20 mm reën het by die Rust en Vrede Waterval geval.

Die koue, en veral lae nagtemperature, sal voortduur.

Log in with your credentials

Forgot your details?