Bring die lente dalk vanjaar reën en sneeu?

Deur Liesel le Roux
DAAR is ’n goeie kans dat die Klein Karoo Sondag sal reën kry!

Verskeie weerplatforms voorspel tans dat goeie reën Sondag in die Klein Karoo verligting kan bring.

Die verwagte hoeveelheid reën wissel omdat weerpatrone nog skuif, maar daar kan volgens die

Noorweegse weerdiens YR Sondag selfs tot 30 mm reën op Oudtshoorn en ook op ander Klein Karoo-dorpe val.

As die voorspellings realiseer, sal dit van die beste nuus wees wat die Klein Karoo nog vanjaar gekry het!
Die Facebook-bladsy LandWater het die week ook aangedui dat reën moontlik teen Sondag in die Klein Karoo kan val.

Volgens LandWater toon weerpatrone voorts ook tans dat daar ’n kans is op kwaai koue in Oktober.

Dit sluit die moontlikheid van sneeu, sterk wind en reën in.

Volg gerus dié interessante Facebook-bladsy as jy in die weer belangstel.

Log in with your credentials

Forgot your details?