Word ’n ‘ondergrondse’ Wolstruis!


AS jy kan hekel of brei en lief is vir Oudtshoorn kan jy nou deel word van ’n opwindende, “ondergrondse” wolprojek vir vanjaar se KKNK. Dit gaan iets wees waaroor almal gaan gons…

Jou hekel- en breivaardighede is nie belangrik nie. Dié projek is vir almal – van die mees ervare wolstruise tot die wat net ’n vierkant kan brei.

Die organiseerders van die projek hoop om soveel moontlik Oudtshoorniete te betrek wat ’n hekel- of breipen kan vashou – jonk én oud. Whats-app of sms jou naam en kontaknommer na 0834361153 en die organiseerders sal jou kontak. Jy kan ook jou naam en kontaknommer opgee by Die Herrie.

Enige wolskenkings is ook baie welkom, selfs afvalstukkies wol. Gee gerus af by Die Herrie.