Wenners van kaartjies!

DIE 10 gelukkige wenners van dubbelkaartjies na Drie Susters na die kompetisie in Die Hoorn verlede week, is die volgende lesers: Dinsdag 26 Maart om 13:30: Wesley Visagie, Davina Afrika, Isabel Loubser, Philip van Zyl en Lienke le Roux, en Woensdag 27 Maart om 13:30: Evelyn Mane­wil, Peet van der Westhuizen, Bettie Kritzinger, Elsabe Carstens en Sandie Thorne.

Baie geluk! Die lesers se name is in ’n gelukkige trekking uit die korrekte inskrywings getrek. Die antwoord was Thailand.

Die Hoorn sal met die wenners reëlings tref oor waar om hul kaartjies in die hande te kry.

• Drie Susters – met die susters wat vertolk word deur Lizz Meiring (Christine), Margit Meyer-Rödenbeck (Anel) en Nicole Holm (Bianca) – was nog by al die feeste waar dit opgevoer is, onder die drie topverkopers. Dit is tydens die KKNK te sien in die saal van die Hoërskool Oudtshoorn. Kaartjies by Shoprite/Checkers en Computicket.

Kyk uit vir nog ’n kompetisie volgende week waarin kaartjies na die KKNK gewen kan word!

Log in with your credentials

Forgot your details?