Wen kaartjies vir topverkoper by 25ste KKNK

Margit Meyer-Rödenbeck (links) en Marion Holm ná 17 jaar weer saam op die verhoog.
Foto verskaf

BY vanjaar se KKNK is die gesoute aktrises Margit-Meyer-Rödenbeck en Marion Holm saam te sien in die komiese drama Die voordele van eierwit; 17 jaar nadat hulle laas die verhoog gedeel het.
In dié produksie, wat sy premiere by die KKNK het, beland twee besige susters met ’n duisend dinge om te doen, Ans le Roux en Elna Basson, in ’n hysbak wat vassit.

Susters wat baie praat, praat egter die oppervlak so toe dat daar selde gepraat word oor dit wat regtig pla. Die voordele van eierwit – Wat gebeur as alles vir ’n oomblik stop in die gejaagde lewe waaraan ons almal so gewoond geraak het?

• Vyftien lesers van Die Hoorn kan vandeesweek elk dubbelkaartjies (dus kaartjies vir jou en ’n metgesel) wen na Die voordele van eierwit. Daar is vyf dubbel­kaartjies te wen vir Saterdag 23 Maart om 18:30, vyf dubbelkaartjies vir Maandag 25 Maart om 18:30 én vyf dubbelkaartjies vir Woensdag 27 Maart om 18:30.

Om ’n kans te staan om een van dié dubbel­kaartjies te wen, moet jy die volgende doen:
1. Sms of WhatsApp die antwoord na selnr 073 217 7089 of gooi jou antwoord in die houer by PostNet in die Queen’s Mall op Oudtshoorn.

2. Beantwoord die vraag: Waarheen is die twee susters oppad?

3. Skryf jou naam, van en kontaknommer neer om vir die kompetisie te kwalifiseer.

Belangrik: Elke leser mag net een inskrywing vir die kompetisie stuur. Die kompetisie sluit Maandag, 18 Maart, om 10:00.

Die name van die wenners sal na slui­ting deur ’n gelukkige trekking uit al die korrekte antwoorde getrek word. Hul name sal volgende week in Die Hoorn gepubliseer word.

• Die voordele van eierwit is van 23 tot 27 Maart daagliks tydens die fees te sien in die saal van die Hoërskool Oudtshoorn. Kaartjies by Shoprite/-Checkers en Computicket.

Log in with your credentials

Forgot your details?