Welkom in die Klein Karoo!

Dit is langnaweek met die Klein Karoo Klassique, Oudtshoorn se jaarlikse klassieke musiek-fees, wat plaasvind. Welkom aan alle besoekers aan Klassique asook ander besoekers in die Klein Karoo! Onthou dat hierdie mooi streek van die Wes-Kaap tans gebuk gaan onder ’n erge droogte. Help ons deur water te bespaar. Die foto is einde Julie deur Hugo de Wit op ’n plaas naby Dysselsdorp geneem, met die Swartberg in die agtergrond.