Valke op pad na O’hoorn

• Jarelange ondersoeke uiteindelik afgehandel
• Inhegtenisnemings binnekort verwag, sê burgemeester

Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, in 2016 by die agt dik lêers waaruit die forensiese verslag oor die Groter Oudtshoorn in daardie stadium bestaan het.  Foto: Departement van Plaaslike Regering

Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, in 2016 by die agt dik lêers waaruit die forensiese verslag oor die Groter Oudtshoorn in daardie stadium bestaan het. Foto: Departement van Plaaslike Regering

Deur Liesel le Roux
DIE Polisie se direktoraat vir die ondersoek van priori­teitsmisdade, die Valke, se ondersoek van die afgelope aantal jare by die Oudtshoorn Munisipa-liteit is uiteindelik afgehandel en inhegtenisnemings word binnekort verwag.

Dié aankondiging is Vrydagoggend (9 Maart) by ’n spesiale raadvergadering van die munisipale raad van die Groter Oudts­hoorn deur die burgemeester, Colan Sylvester, gedoen.

Die munisipale bestuurder, Allen Paulse, het ná die aankondiging gesê dat die munisipaliteit nie tans enige ander inligting mag bekendmaak nie.

Die Valke het in 2016 met die ondersoek na finansiële wanbestuur, bedrog en korrupsie by die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit begin. Dié ondersoek het gespruit uit ’n gedetailleerde verslag wat deur die provinsiale forensiese dienste saamgestel is nadat die munisipaliteit in Julie 2015 onder administrasie ge­plaas is.

Ná die forensiese ondersoek is ’n verslag in Maart 2016 aan die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, oorhandig. Die verslag het agt dik lêers beslaan.

In die verslag is 132 oortredings geïdentifiseer, hoofsaaklik van die munisipale finansiële bestuurs­wet, munisipale beleid en ander wetge­wing. Twee sake van korrupsie en agt sake van bedrog is ook geïdentifiseer. Hieronder tel onder meer die vervalsing van dokumente.

Die Valke se ondersoek het egter die afgelope jare voortgegaan met nuwe inligting wat bygekom het en vermoedelik nuwe sake wat bygevoeg is.

Be the first to comment on "Valke op pad na O’hoorn"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*