Trompoppies nou 5de in Suid-Afrika!

Laerskool Van Reede se trompoppies wys by die SA Trompoppiekampioenskap wat in hulle steek. Somila Salman en Alika Ewerts is in die voorgrond.  Foto Facebook

Deur Liesel le Roux
DIE trompoppies van Laerskool Van Reede, wat geskitter het by die onlangse SA Trompoppiekampioenskap in Oos-Londen, het pas verneem dat hulle nog beter by die kampioenskap gevaar het as wat aanvanklik bereken is.

“Ons is pas amptelik ingelig dat daar ’n fout was in die berekening van die Kampioen van Kampioene se uitslae waarin Van Reede sesde in die land geplaas was. Ons is nie meer sesde nie, maar vyfde,” sê Carina Fourie, een van die skool se betrokkenes by die trompoppie­span.

Laerskool Van Reede se trompoppies, wat in die kam­pioenskap se topliga, die Elite-liga, deelgeneem het, het die derde agtereenvolgende jaar vir die eindronde van die liga in al hul afdelings ge­kwalifiseer.

Hulle was in die eindrondes vierde in die Baton Group, vyfde in die Large Drill, sesde in die Pom Non Prop en die Small Drill en sewende in die Mace Group en Flag Group.

Jada Coetzee, graad 7-leerder van Laerskool Van Reede, is ook aangewys as die topleier in die land in die Large Drill-afdeling.

Log in with your credentials

Forgot your details?