Straatkomitees en WhatsApp-groepe bekamp misdaad

DIE verskeie straatkomitees en WhatsApp-groepe op Oudtshoorn wat help om misdaad te bekamp en inwoners ingelig te hou, werk baie goed, sê kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie.

Die polisie het inwoners genooi om kontak te maak met die sektorbevelvoerder in die sektor waar hulle woon, as hulle meen daar is in hul omgewing ook ’n behoefte vir so ’n inisiatief.

Oudtshoorn is in vier sektore verdeel.

Hul kontakbesonderhede is as volg:
• Sektor 1 (Bongolethu en Toekomsrus): kapt Jenny Witbooi – 082 522 3207

• Sektor 2 (Bridgton): kapt Johanna Nortje – 079 8939 969.

• Sektor 3 (Dorp, Suid, Noord en Wesbank): kapt Wynand du Plessis – 082 821 1027.

• Sektor 4 (Plase): kapt Johan Nel -082 444 2370.

Log in with your credentials

Forgot your details?