Spesiale prys vir Klassique-pakket

’N SPESIALE kaartjiepakket van R950 vir al nege vertonings by vanjaar se Klein Karoo Klassique, is tans by kaartjieverkooppunte beskikbaar.

Die pakket bespaar feesfangers R240!

Daar is egter slegs ’n beperkte aantal van die kaartjies beskikbaar. Volgens Hugo Theart, artis­tieke direkteur van die fees is dié kaartjiepakket baie gewild. Hy het voornemende feesgangers aan­gemoedig om gou te speel voordat dit uitverkoop.

Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers, House & Home of aanlyn by www.computicket.com gekoop word. Vir meer inligting, kontak Kunste Onbeperk se kantoor by 044 203 8600, of info@kunste.org.za.

Die volledige feesprogram is beskikbaar by www.klassique.co.za terwyl gratis feesprogramboekies ook beskikbaar is by PostNet Oudtshoorn en die feeskantoor by Arbeidsgenot in Jan van Riebeeckweg.