So stem kiesers in die streek

DIE DA was in verlede week se provinsiale en nasionale verkiesings die party wat die meeste stemme in Oudtshoorn en Prins Albert gekry het, met Icosa wat die party was met die grootste steun in Kannaland.

Die DA het by kiesers in al drie munisipaliteite groter steun in die provinsiale verkiesing as in die nasionale verkiesing gekry, wat toon dat inwoners klaarblylik vasberade was om die ANC weg te hou uit die Wes-Kaap. Die ANC het op sy beurt in al drie die munisipaliteite meer nasionale steun as provinsiale steun gekry.

Die VF Plus se groei landwyd was ook in veral Oudtshoorn te bespeur.

Die vyf partye in die streek wat die meeste stemme in die twee verkiesings gekry het, lyk so:

Groter Oudtshoorn:
Nasionaal: DA 13 238 (46,49%); ANC 9 871 (28,59%); VF Plus 1 994 (7%); EFF 787 (2,76%); Icosa 777 (2,73%).
Provinsiaal: DA 14 108 (50,3%), ANC 9 382 (33,45%); VF Plus 1 220 (4,35%); Good 831 (2,96%); Icosa 807 (2,88%).

Kannaland:
Nasionaal: Icosa 3 560 (37,58%); DA 2 709 (31,36%); ANC 1 969 (20,78%), VF Plus 372 (3,93%), ACDP 358 (3,78%).
Provinsiaal: Icosa 3 659 (38,9%), DA 2 882 (30,64%), ANC 1 864 (19,82%); ACDP 350 (3,72%); VF Plus 180 (1,91%).

Prins Albert:
Nasionaal: DA 2 832 (57,22,3%), ANC 1 711 (34,57%); VF Plus 146 (2,95%); EFF 82 (1,66%); Good 42 (0,85%).
Provinsiaal: DA 2 853 (57,05%), ANC 1 562 (31,23%), KDF – Karoo Democratic Force 200 (4%), PBI – Plaaslike Besorgde Inwoners 130 (2,6%), EFF 63 (1,26%).

Log in with your credentials

Forgot your details?