Skenk bloed!


Oudtshoorniete kan nog tot 19:00 vanaand op Oudtshoorn bloed skenk. Die WP Bloedoortappingsdiens is vandag by die Burgersentrum tot 19:00. Volgens suster Carmen Hansford verwag hulle meer as 120 persone wat vandag sal bloed skenk en sodoende talle lewens sal red. Donateurs skenk elk 450 ml bloed terwyl hulle ‘n vrugtesappie en beskuitjie geniet. Mense mag net elke tweede maand bloed skenk. Die WP Bloedoortappingsdiens sal weer op 8 Oktober in Oudtshoorn wees. Op die foto is van links suster Tasia Buitendach, Tieneke Maritz van Die Hoorn wat vandag die eerste keer bloed geskenk het en Suraya Nomdo. Foto: Wyndham Ewerts

Foto Wyndham Ewerts

Log in with your credentials

Forgot your details?