Rooftog: So lyk mans wat gesoek word…

Identikits van twee mans wat gesoek word in verband met die rooftog by Market Fisheries op Oudtshoorn is deur die polisie uitgereik.

DIE Oudtshoorn Polisie het vandeesweek identikits uitgereik van twee mans wat gesoek word in verband met die rooftog by Market Fisheries op Oudtshoorn verlede Maan­dagoggend, 28 Oktober 2019.
Sowat R400000 is omstreeks 08:00 gesteel toe ses mans die winkel binnegestap het. Twee was gewapen.

Die eerste verdagte word beskryf as ’n swart man in sy 30’s, sowat 1,7 meter lank en effens geset. Hy het volgens ooggetuies ’n roomkleurige top aangehad.

Die tweede verdagte is ’n swart man van sowat 35 jaar oud, ook 1,7 meter lank met ’n swaar liggaamsbou. Hy het ’n klein snor en baard, en het die dag van die voorval ’n wolmus en swart baadjie gedra.

Persone met enige inligting, of wat die verdagtes ken, kan ao Martin le Roux skakel op 044 203 9000.
Roofmotor verlate agtergelaat

• Intussen het sers Ebraim Kapp, woordvoerder van die Kwanonqaba Polisie in Mosselbaai, verlede Donderdag aan Die Hoorn gesê die motor waarmee die rowers na bewering weggejaag het van die toneel, is nog dieselfde dag net na 20:00 gevind.

’n Wit Audi A4 wat aan die be­skry­wing voldoen van die voertuig wat in die rooftog gebruik is, is verla­te gevind op die N2 naby die Dana­baai-brug. Dit was nie gesluit nie, en ’n NP-nommerplaat is binne-in ge­kry. Die rowers het vermoedelik in ’n ander voertuig verder gevlug.

Dieselfde het gebeur na die kaping en rooftog by Camp Roadhouse op 19 Augustus op die dorp. Die Mercedes van een van die eienaars, Jaco Vorster, waarmee die kapers gevlug het, is verlate sowat twee blokke van die kapingstoneel gevind.

Log in with your credentials

Forgot your details?