Reën, wind en sneeu in die Klein Karoo

Einde Oktober en daar is sneeu op die Swartberge! Dié foto is Maandag vanuit die omgewing van die Surval Boutique Olive Estate buite Oudtshoorn geneem. Foto: Christine Schoeman

Deur Liesel le Roux
DAAR was Maandag groot dankbaarheid in die droë Klein Karoo nadat sagte reën sedert die vroeë oggendure oor die gebied uitgesak het. Hoewel reënval in en om Oudtshoorn gewissel het, is daar in die meeste gevalle tussen 10 mm en 14 mm gemeet.

In die omgewing van die Raubenheimerdam waar Oudts­hoorn se drinkwater vandaan kom, het 18 mm geval. Op De Rust is 12 mm gemeet, op Calitzdorp en Ladismith sowat 5 mm.

Die Swartberge buite Oudtshoorn en De Rust asook die Klein Swartberge buite Ladismith het saam met die reën ook ’n wit hoed gekry nadat ligte sneeu op dié berge uitgesak het.

Maandag se reën en sneeu is voorafgegaan deur heelwat wind met verskeie bome wat Sondag op Oudtshoorn omgewaai is of takke verloor het.

Log in with your credentials

Forgot your details?