Padblokkade in Parkweg die eerste van vele wat kom

’N PADBLOKKADE verlede week in Parkweg waarin die Oudtshoorn Munisipaliteit se verkeers­afdeling kragte saamgesnoer het met die tegnologiemaatskappy Syntell, was die eerste van meer sulke inisiatiewe in ’n padblokkadeprojek vir Oudtshoorn, sê die munisipaliteit in ’n persverklaring wat gister uitgereik is.
Syntell spesialiseer in verkeerswetstoepassingsdienste en -stelsels.

Met die gevorderde toerusting van Syntell kon die verkeersdepartment ’n goed georganiseerde padblokkade loods, met onder meer outomatiese nommerplaat-herkenning wat ’n waarskuwing uitstuur indien daar ’n dagvaardiging of lasbrief vir inhegtenisneming vir die voertuig is.

Voertuigeienaars kon ook uitstaande verkeersboetes by die padblokkade betaal.

Volgens David Abrahams, een van die padblokkade-operateurs, is hy en sy kollega, Lorendo Damons, passievol oor hul werk omdat hulle daarmee kan bydra dat wetstoepassing op paaie geskied.

Log in with your credentials

Forgot your details?