Nog ‘n kleuter raakgery

Juliano Freeks nadat hy Maandag deur ‘n bakkie in Dysseldorp raakgery is. Foto verskaf


NOG ‘n kleuter van die Groter Oudtshoorn is die week deur ‘n voertuig raakgery. Juliano Freeks is ernstig beseer toe hy Maandagmiddag in Dysselsdorp deur ‘n bakkie raakgery is nadat die bakkie na bewering nie by ‘n stopteken stilgehou het nie.

Juliano was drie dae in die hospitaal nadat hy verskeie beserings aan sy kop, arms en bene opgedoen het. Juliano se oom, George Meyer, sê die seuntjie is omstreeks 17:45 agter die Dysselsdorp Gemeenskapsaal raakgery.

Volgens kapt Joey Strydom van die Dysseldorp Polisie het die polisie Vrydag ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur geopen nadat Meyer haar oor die omstandighede rondom die ongeluk ingelig het.

Meyer was die week onsteld omdat die polisie aanvanklik nie die saak ondersoek het nie. Hy het sy kommer uitgespreek oor wetstoepassing op die land se paaie, en gesê hy ervaar dat die polisie en wetstoepassers net oor die Kerstyd en Paasfees erns daarmee maak om die land se paaie te beveilig en nie die res van die jaar nie. (Berig deur Liesel le Roux)

Log in with your credentials

Forgot your details?