Nic Stevens Saterdag op Oudtshoorn

DIE Militêre Veterane van Oudtshoorn bied Saterdagaand (16 Maart) ’n vertoning deur die bekende sanger Nic Stevens by die Olivanti-venue (voorheen Jamstreet) op die Rooiheuwelpad aan.

Die konsert begin die aand om 18:30.

Die fondse wat met die vertoning ingesamel word, is ten bate van sorgbehoewende inwoners van outehuise op Oudtshoorn.

Kaartjies kos R130 per persoon en is by Frans Botha, sektorleier van die Oudtshoorn Veterane beskikbaar. Kontak hom by 0748553382.

Daar sal die aand van die vertoning ook verversings te koop wees asook ’n oop kroeg.

Nic Stevens is ook lid van die groep Broers.

Log in with your credentials

Forgot your details?