MANDELA-skildery op Mandeladag aan burgemeester geskenk

’n Kunswerk van Ntjanyana Francis (17, links), leerder van Fezekile Sekondêr in Bongolethu, Oudts­hoorn, hang deesdae in die kantoor van Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester (middel). Ntjanyana was een van tien leerders wie se kunswerke gekies is vir ’n onlangse Art in Public Spaces-kunsuitstalling van die Suff Academy en die Oudtshoorn Youth Café, waarna sy kunswerk ook gekies is vir oorhandiging aan die burgemeester op Mandeladag. Volgens Ray Carstens (regs), bestuurder by die Youth Cafe, was die burgemeester baie beïndruk met die skildery en het hy dadelik plek gemaak daarvoor in sy kantoor. Foto verskaf

Log in with your credentials

Forgot your details?