Maak seker jou voertuig is snags veilig

Dit is Meimaand en maak daarom seker jy parkeer jou motor of bakkie saans agter slot en grendel – letterlik!

Dit is die boodskap van kapt Wynand du Plessis, ’n sektorbevelvoerder op Oudtshoorn, met die aanbreek van Meimaand wat volgens statistiek dié maand in die Klein Karoo is wat voertuie die meeste gesteel word.

Die meeste voertuie in die streek word tradisioneel in die wintermaande gesteel wanneer mense saans nie op straat is nie. Voertuie is ook al dikwels op Oudtshoorn van agter elektriese hekke gesteel met die elektriese motor by die hek wat deur die diewe buite werking gestel word – sonder dat die huis se inwoners wakker word.

Log in with your credentials

Forgot your details?