Lus vir skryf ? Hier is jou kans!

Is jy dalk ’n toekomstige Hertzogpryswenner of ’n topjoernalis?

UNIVERSEEL deur alle tye wil die kreatiewe gees iets tot stand bring. Musiek, sang, dans, skilder, beeldhou, baie ander en ook skryf.

Skryfmense doen alles met die kleine 26-letter-alfabet.

Skommel dit bymekaar tot woorde.

Rangskik dít bymekaar tot gedagtes op papier.

Vertel? Verbeel? Ontsnap? Vryval? Droom?

Altyd terapie.

Wat gebeur?

Oordrag, oorplanting van die skrywer se gedagte na die leser se gedagte. Gedagtes wat laat lag, verlang, kwaad word, huil of begeer.

As jy jouself in trane of lag of kwaad in skryf, sal jou leser saam huil of lag of skel.

Lus vir skryf? Nou toe. Skryf enigiets tot maksimum 130 woorde en e-pos dit en jou naam vir my (Times New Roman; 12 pt-lettergrootte).

Die e-pos-adres verskyn onderaan my skrywe.

Ek sal ontvangs erken, een inskrywing kies en vir Die Hoorn stuur. Miskien plaas hulle dit.

Skryfgroete
Coen Basson
(coenbasson@sanlam4u.co.za)

Log in with your credentials

Forgot your details?