Leraar in hegtenis geneem

Deur Angelique Erasmus
’N LERAAR van Oudtshoorn is Dinsdag in hegtenis geneem en het gister in die Oudtshoorn Landroshof verskyn in verband met ’n klagte van verkragting.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, spruit die man se inhegtenisname uit ’n voorval wat na bewering reeds in 2003 by die 58-jarige man se huis plaasgevind het.

Die klaagster in die saak was volgens Michaels minderjarig toe die beweerde verkragting plaasgevind het.

Die saak is uitgestel tot 15 Oktober vir ’n borgaansoek. Die verdagte bly intussen in aanhouding.

Log in with your credentials

Forgot your details?