Kompetisie: Waterglybaan toe met ons nuusgogga!

Deur Angelique Erasmus
TWEE gelukkige jong Oudts­hoorniete staan die kans om ’n uur-kaartjie te wen vir Wilgewandel se waterglybane!

Kinders tot 14 jaar kan deelneem. Die enigste vereiste is dat jy moet kan swem.
Antwoord die volgende vraag en staan ’n kans om te wen:

Waar het Die Hoorn se NUUSGOGGA sy web tydens die KKNK gespin?

Whatsapp of sms jou naam, van en ouderdom met jou antwoord na 071 365 7978, of e-pos na joernalis@hoorn.co.za of kom gee jou antwoord af by Die Hoorn se kantoor in die Queen’s Mall, ingang by PostNet.

Die nuusgogga-kompetisie sluit volgende Dinsdag (9 April) om 12:00.

Skud nou op, maats, ons kan nie wag om julle inskrywings te ontvang nie!

Log in with your credentials

Forgot your details?