Kom help Woensdag die dorp skoonmaak

INWONERS van Oudtshoorn word genooi om Vrouemaand te vier deur volgende Woensdag, 14 Augustus, by die volgende #trashtag-projek op die dorp betrokke te raak waartydens die omgewing by Die Lighuis in Bridgton skoongemaak gaan word.

Trapsuutjies loods reeds geruime tyd maandeliks ’n skoonmaakdag, elke keer op ’n ander plek in Oudts­hoorn.

Die skoonmaakprojek vind tussen 10:00 en 12:00 in Hectorweg (agter Die Lighuis) in Bridgton plaas.

Almal wat wil saamhelp, word gevra om teen 09:45 daar te wees om vullissakke en handskoene te ontvang.

Helpers moet onthou om hul eie water saam te bring.

Navrae oor die projekte kan gerig word aan 065 801 4810 of aan caroline756 @gmail.com

• Die #trashtag-blitz is ’n Trap­suutjies-projek en vind plaas in sa­mewerking met die Oudtshoorn Mu­ni­sipaliteit, die Oudtshoorn Be­sig­heids­kamer en Oudtshoorn Oog­kundiges.