Herstel van R62 tussen Oudtshoorn en Calitzdorp amper klaar

Deur Liesel le Roux
DIE opgradering van 24 km van die R62 tussen Oudtshoorn en Calitzdorp behoort in Mei afgehandel te wees.

Die grootste deel van die werk aan die pad deur die Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke is voltooi – krake en slaggate is herstel, die padoppervlak by kruisings opgegradeer en padtekens vervang. Die padskouer word tans gerehabiliteer, en watertonnels onder die pad, sement-afvoerpype en Terraforce-mure herstel.

• Volgens ’n persverklaring van die departement fokus hulle met sulke projekte op werkskepping en vaardigheidsopleiding, en is meer as 10 500 werksdae vir mense uit die munisipale gebied van Oudtshoorn geskep.

Log in with your credentials

Forgot your details?