Help so skoonmaak op 18 Julie

HULLE hoop dat groot getalle inwoners op Mandeladag sal betrokke raak by een van twee skoonmaakprojekte in Bridgton, Oudtshoorn, sê Caroline Samantha Lewis van Trapsuutjies Projekte. Trapsuutjies loods reeds geruime tyd maandelikse #trashtag-projekte op Oudts­hoorn waartydens gedeeltes van die dorp skoongemaak word.

Op Mandeladag – volgende Donderdag, 18 Julie – is die plan om met die hulp van vrywilligers, skole en besighede twee gedeeltes in Bridgton skoon te maak. Daar word gehoop dat groot getalle inwoners sal betrokke raak by die projekte as deel van hul bydrae op Mandeladag.

Die skoonmaakprojekte vind tussen 10:00 en 12:00 op die hoek van Asstraat en Wolfweg plaas asook in die kloof-gebied agter De Villiers Primêr.

Almal wat wil saamhelp, word gevra om teen 09:45 op een van die twee plekke te wees om vullissakke en handskoene te ontvang. Helpers moet onthou om hul eie water saam te bring.

Navrae oor die projekte kan gerig word aan 065 801 4810 of aan caroline756 @gmail.com

• Die #trashtag-blitz vind plaas in samewerking met die Oudtshoorn Munisipaliteit, die Oudtshoorn Besigheids­kamer en Cango Wildlife Ranch.

Log in with your credentials

Forgot your details?