Gaan dit sneeu dié naweek?

LIGTE sneeu mag die naweek op die Swartberge tussen Oudtshoorn en Prins Albert val, volgens die Facebook-bladsy SnowReport.

Daar was inderdaad gisteroggend ook baie ligte sneeu op die top van die Swartberge buite Oudtshoorn.
Die koue weer wat tans heers en die moontlikheid van ligte sneeu het intussen daartoe gelei dat ’n konsert wat Saterdagaand by Celebratio langs die Sementpad buite Oudts­hoorn sou plaasvind, Hot August Night, met die musiek van die legendariese Neil Diamond, uitgestel is tot 23 November.

Kaartjies vir Hot August Night op 23 November is reeds te koop by die webwerf www.celebratio.co.za of by PostNet Oudtshoorn.

Log in with your credentials

Forgot your details?