Fontein mag spuit, maar nie met drinkwater nie

’n Spuitfontein – soos hierdie een van die Oudthoorn Munisipaliteit – mag ten spyte van die waterbeperkings steeds spuit as dit geen drinkwater gebruik nie. Die sirkelpyp wat water hersirkuleer, is sigbaar bo die watervlak. Foto: Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux
SPUITFONTEINE wat net die water hersirkuleer en geen drinkwater gebruik nie, mag wel tydens die huidige droogte in Oudtshoorn aangeskakel bly.

Die Hoorn het die munisipale bestuurder, Allen Paulse, gekontak nadat inwoners vrae gevra het oor die munisipaliteit se spuitfontein op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg wat steeds water spuit. Die huidige waterbeperkings verbied die aanskakel van fonteintjies en ander “water features”.

Volgens Paulse moet spuitfonteine en “water features” wat drinkwater gebruik, afgeskakel word, maar kan dit aangeskakel bly indien dit slegs water wat reeds daarin was, sirkuleer. Geen drinkwater mag bygevoeg word nie.

Die munisipale spuitfontein hersirkuleer die water deur middel van ’n sirkelpyp wat duidelik sigbaar is bokant die waterlyn.

Inwoners wat ’n spuitfontein aan ’n eie waterbron koppel soos ’n boorgat, kan ook voortgaan om dit te gebruik. Dié inwoners moet net duidelik by hul erf aantoon dat hulle boorgatwater gebruik

Log in with your credentials

Forgot your details?