Etensuurkonsert dié Saterdag

Paul Eilers en Marinda Bothma-Schutte tree op

’N BESONDERSE etensuurkonsert en kunsuits­talling vind Saterdag by die Klein Karoo Ostrich Emporium op Oudtshoorn plaas.

Voorlesings deur Paul Eilers – op versoek van vorige gehore by konserte van die Oudtshoorn Kunstevriende – en ligte musiek deur Marinda Bothma-Schutte is op die spyskaart.

Volgens Antoinette le Roux van Oudtshoorn Kunstevriende word die konsert tussen 13:00 en 14:00 spesiaal aangebied vir almal wat die winteraande liefs tuis bly.

’n Kunsuitstalling van 12 plaaslike kunstenaars vind ook Saterdag van 09:00 tot 15:00 in die Emporium plaas.
Werke van Adele Ma­rais, Alet van Heerden, Amanda Grobler, Atelle Venter, Carina Smit, Connie Strydom, Delyse Sole, Hestia Burger, Ronelle Lareman, Ronel Sinclair, Thina Basson en Wilna Cloete sal te sien wees.

Le Roux sê dit was nie moontlik om al die plaaslike kunstenaars wat wou uitstal te akkommodeer nie, maar dat hulle die geleentheid gebied sal word by ’n volgende uitvoering van die Kuns­tevriende.

Kaartjies (R60)  is by die deur te koop.

Log in with your credentials

Forgot your details?