Eskom-ontploffing laat Suid-Kaap sonder krag

Die toneel by die substasie in Mosselbaai waar die transformator Vrydag ontplof het. Foto verskaf

Deur Liesel le Roux
OUDTSHOORN en ses ander Suid-Kaapse dorpe was Vrydag (19 Julie) bykans ’n uur sonder krag na ’n ontploffing op ’n 400 KV-transformator by die Proteus Substasie naby Mosselbaai.

Volgens ’n persverklaring van Eskom het die kragonderbreking omstreeks 10:16 begin.
Die krag is op Oudtshoorn net voor 11:30 herstel.

Die ander dorpe in die Suid-Kaap wat deur die kragonderbreking ge­raak is, was Mosselbaai, George, Knysna, Riversdal, Stilbaai en Plettenbergbaai.

Die foutiewe kraglyn is na die ontploffing geïsoleer sodat elektrisiteit herstel kon word.