Edwin vermis

Edwin Everts (39). Foto verskaf

’N MAN wat op 4 Mei per taxi van Dysselsdorp na Oudtshoorn gereis het om in die veld te kom bid, word vermis.

Edwin Everts (39) is volgens ao Kuhn, ondersoekbeampte van die Dysselsdorp Polisie, laas by die taxistaanplek op Oudtshoorn gesien.

Everts het slegs ’n tent by hom gehad en volgens sy suster gesê hy gaan op Oudtshoorn in die veld bid, iets wat hy al in die verlede gedoen het. Vorige kere het hy egter na sowat twee weke teruggekeer huis toe.

Everts het geen kos of water saamgeneem nie, asook geen persoonlike besittings of sy selfoon nie.
Enigiemand met inligting word versoek om ao Kuhn te kontak by sel 079 893 9962 of die polisiekantoor in Dysseldorp by tel 044 251 8416.