Calitzdorp gereed vir Winterfeesgangers!

Volgende naweek – 14 tot 16 Junie – lei alle paaie na Calitzdorp in die Klein Karoo wanneer die jaarlikse Winterfees weer op die dorp aangebied word. Daar kan gekuier word by die wynkelders op die dorp – soos die foto links toon wat ’n paar jaar gelede tydens die Winterfees by De Krans geneem is, daar kan gekuier word op die dorp se stasie­terrein en by restaurante terwyl verskeie aktiwiteite ook dwarsdeur die dorp van die Vrydag tot Sondag op die program is.  Foto: Die Hoorn

Lekker kuier, lekker eet, lekker wyn en lekker vermaak – dit is die belofte van elke jaar se Calitzdorp Winterfees!

Die Calitzdorp Stasie sal vanjaar weer ’n gewilde kuierplek fees vir Winterfeesgangers. Foto: Die Hoorn

CALITZDORPERS is tans besig om met groot oorgawe die dorp feesgereed te kry vir wanneer die 5de Calitzdorp Winterfees volgende Vrydag (14 Junie) op die dorp afskop. Die fees duur tot Sondag, 16 Junie.

Die pragtige Calitzdorp Stasieterrein bied weer vanjaar ’n vol program vir die Saterdag en Sondag aan.

Feestoegang vir die Saterdag én Sondag saam is R20. Dit sluit ’n armband as bewys van betaling, ’n feesprogram en ’n kaart van die dorp in. Kaartjies sal Saterdag vanaf 09:00 beskikbaar wees by die stasie-ingang, asook by die wyn­kelders, NG Kerksaal en Die Dorpshuis.

By die stasie gaan verskeie kunstenaars optree terwyl daar talle leefstyl- en kos­stalletjies sal wees. By die ten volle gelisensieerde Stasiekroeg met sy groot­- ­skerm-TV sal ook rugby gekyk kan word.

Log in with your credentials

Forgot your details?