Besoek die CP Nel Museum vandeesweek gratis!

Die CP Nel Museum kan vandeesweek gratis besoek word as deel van Internasionale Museumdag wat Saterdag wêreldwyd gevier word en ’n Opeweek wat aangebied word. Graad 10-leerders van die Hoërskool Môrester het Dinsdag die geleentheid gebruik om dié baie interessante museum te besoek en vertel hulle het die besoek sommer baie geniet. Hier van links is ­­Vanessa Jumaats, Chricindah Bruintjies, Iquanithia Bruintjies, Tammy-Ann Samboer, Tirra Arendse, Caitlyn Wonderlik en Claroné Wagenaar. Die museum is vandag en Vrydag oop van 08:00 tot 17:00 en Saterdag van 09:00 tot 13:00. Foto: Christine Schoeman

Log in with your credentials

Forgot your details?