Bloeiselfees!

Die jaarlikse Calitzdorp Bloeiselfees vind weer dié naweek plaas met die dorp se appelkoos- en perskebloeisels wat die begin aankondig van ’n nuwe seisoen vir die vrugte- en wynbedryf in die dorp.

Twee van die wynkelders op die dorp, Boplaas en De Krans, bied heerlike etes by hul restaurante asook ’n hele rits bedrywighede.

Dit sluit ’n pretdraf/-stap ten bate van Vriende van Calitzdorp Diere Saterdag om 10:00 in die bloeiselboorde van De Krans in – oor 5 km of 10 km plaas. Inskrywings vanaf 09:00 met inskrywingsfoor R20.

By Boplaas wag onder meer distillering-demonstrasies, lewendige musiek en ’n bloeiselfoto-kompetisie (meer by https://www.boplaas.co.za/event/boplaas-blossom-festival)

Log in with your credentials

Forgot your details?