2020-ReWOLusie skop Vrydag af

DIE brei- en hekelprojek wat vanjaar almal aan die praat gehad het tydens die KKNK, wil volgende jaar nog groter en beter wees!

Om die waarheid te sê skop 2020 se ReWOLusie reeds Vrydagmiddag by die Toekomsrus Gemeenskapsaal in Arnold de Jagerrylaan af.

Die ReWOLusie-projek se brei- en hekelwerk het tydens vanjaar se KKNK die dorp se bome, heinings, pilare kleurvol versier en landwyd aandag getrek

Volgens Madeleine Miles, die Oudtshoorniet wat vanjaar dié projek geïnisieer het, kan inwoners Vrydag tussen 15:00 en 18:00 kom registreer vir die projek en wol kry om solank te begin brei of hekel.

“Absa het wol geskenk vir die ReWOLusie en ondersteun ons oral waar hulle kan om die projek aan die gang te kry,” vertel Miles.

“Almal wat kan of wil leer hekel en brei is welkom om Vrydag ’n draai te kom maak!”

Log in with your credentials

Forgot your details?