10 lesers kan groot wen!

Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm is by vanjaar se KKNK te sien in Drie susters, ’n produksie wat by al die feeste waar dit opgevoer is, onder die drie top­ver­kopers was.

KOM reis vanjaar by die KKNK saam met drie susters deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en ma-wees.

Drie susters – met die susters vertolk deur Lizz Meiring (Christine), Margit Meyer-Rödenbeck (Anel) en Nicole Holm (Bianca) – is ’n dramedy geskryf deur Louis Pretorius van Die Boekklub-faam en was nog by al die feeste waar dit opgevoer is, onder die drie topverkopers.

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se verjaarsdaggeskenk aan haar.

Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccinos en vlymskerp tonge word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe. Bianca is vas oortuig sy’t hulle verlore ma gesien. Anel praat met ’n aantreklik man. Christine maak haar oë toe. Sy droom van stilte. Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn. Sy mag dit nie dink nie, maar…. sê nou maar, sê nou maar Thailand is die antwoord. Sal hulle ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos?

• Tien lesers van Die Hoorn kan vandeesweek elk dubbelkaartjies (dus kaartjies vir jou en ’n metgesel) wen na Drie Susters. Daar is vyf dubbel­kaartjies te wen vir Dinsdag 26 Maart om 13:30 en vyf vir Woensdag 27 Maart om 13:30.

Om ’n kans te staan om een van dié dubbel­kaartjies te wen, moet jy die volgende doen:

1. Sms of WhatsApp die antwoord na selnr 073 217 7089 of gooi jou antwoord in die houer by PostNet in die Queen’s Mall op Oudtshoorn.

2. Beantwoord die vraag: Waarheen is die drie susters op pad?

3. Skryf jou naam, van en kontaknommer neer.

Belangrik: Elke leser mag net een inskrywing vir die kompetisie stuur. Die kompetisie sluit Maandag, 4 Maart, om 10:00.

Die name van die wenners sal na slui­ting uit al die korrekte antwoorde getrek word. Hul name sal volgende week in Die Hoorn gepubliseer word.

• Drie Susters is tydens die fees te sien in die saal van die Hoërskool Oudtshoorn. Kaartjies by Shoprite/Checkers en Computicket.

Log in with your credentials

Forgot your details?