Switser deurkruis wêreld met sy fiets

Mike Lombard van Oudtshoorn saam met Pascal Bärtschi, die Switser wat die wêreld met sy fiets deurkruis. Foto: Ben du Preez

Mike Lombard van Oudtshoorn (regs) saam met Pascal Bärtschi, die Switser wat die wêreld met sy fiets deurkruis. Foto: Ben du Preez

Pascal Bärtschi op sy swaar gelaaide fiets waarmee hy die wêreld deurkruis.

Pascal Bärtschi op sy swaargelaaide fiets waarmee hy die wêreld deurkruis.

’N Switserse fietsryer wat reeds vyf jaar lank deur die wêreld toer, het verlede week Oudtshoorn besoek op pad na Kaap Augulhas.

Gedurende sy epiese tog wat op 3 November 2012 in Switerserland begin het, het Pascal Bärtschi het reeds ’n allemintige 80 000 km met sy fiets gery en 35 persent van die wêreld se lande besoek.

Onder die lande waardeur hy gery het, is Italië, Turkye, Azerbaijan, Kazakhstan, China, Japan, Indonisië, China, Japan, Indië, Australië, Alas-ka, Kanada, VSA, Mexiko, Kuba, Guatemala, Columbië, Ecuador, Pe-ru, Bolivië, Chili, Argentinië, Uruguay en Brasilië voordat hy na Suid-Afrika gevlieg het.

Van Johannesburg het hy noordwaarts gery tot in Limpopo, en van daar suidwaarts deur Mpumalanga, Swaziland, KwaZulu-Natal en Oos-Kaap.

Pascal het op Dinsdag 6 Junie op Oudtshoorn aangekom waar hy deur Mike Lombard, voorsitter van die Oudtshoorn Fietsryklub, ontvang is. Hy sou aanvanklik net een nag by Lombard oornag, maar het toe weens die sterk wind en reën drie dae hier oorgebly.

Lombard vertel hy het toe die geleentheid gehad om vir Pascal onder meer die Kango Grotte en Kango Vol­struisplaas te gaan wys.

Pascal het na sy kuier op Oudtshoorn weer vertrek op pad na Kaap Agulhas, die suidelikste punt van Afrika. Lombard het hom tot so halfpad na Calitzdorp per fiets vergesel. Pascal het die Vrydagaand op Ladismith oornag.

Van Augulhas gaan Pascal na Kaapstad en met die Weskus op, deur Namibië, Zimbabwe, Mosambiek en Malawi fietsry voordat hy Noord-Afrika aandurf op pad terug Switserland toe.

Volgens Pascal doen hy die rit nie net om homself uit te daag nie, maar ook om sy sin vir avontuur te bevredig. Sy leuse is: “One World, One Bike, One Dream.”

Vir meer inligting oor sy wêreldwye fietstog besoek www.ptitb.net waar onder meer sy roete gesien kan word asook ongelooflike mooi foto’s wat hy tydens sy rit geneem het.

Tydens sy fietsrit het Pascal waar noodsaaklik gevlieg, boot, bus of trein gery. Hy het sy tent en ander kampeetoerusting saamgery en die meeste van die tyd gekampeer.

Log in with your credentials

Forgot your details?