Stop/ry net op De Rustpad

GOEIE nuus vir almal wat hulle die vakansie op die paaie om Oudtshoorn gaan bevind, is dat daar slegs stop/rypunte op die pad tussen Oudtshoorn en De Rust sal wees.

Volgens Byron la Hoe, woordvoer­der van die Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke, sal daar twee stop/rypunte in die feestyd op dié pad wees. Wagtyd by die twee punte kan tot 15 minute lank wees.

Hy sê daar word nie vertragings op die Oudtshoorn-Calitzdorppad, waar daar opgraderingswerk gedoen word, verwag nie.
Bouwerk aan die Oudtshoorn-Georgepad sal eers na die vakansie afskop.

La Hoe sê motoriste kan ook vertragings verwag by padverbouings in die Groot Brak-omgewing. Daar word op sewe verskillende plekke gewerk. “Die gedeelte van die R102 tussen Impalaweg by Fraaiuitsig en die Tergniet/R102-kruising sal gesluit wees vir verkeer as gevolg van vertragings in die lewering van materiaal vir die finale laag van die pad daar.