Nuwe bestuur vir Oudtshoorn & De Rust Toerisme

Die nuwe bestuur vir Oudtshoorn & De Rust Toerisme is Dinsdagaand by die Algemene Jaar­vergadering aangewys. Hier voor van links is Alison Moos (Kango Grotte), Danielia Fourie (onder-voorsitter, privaatlid), Niel Els (Turnberry Boutique Hotel), Chanel Lambrechts (Surval) en Corleen Barnard (toerismeburo). Agter van links is Tammy Moult (Cango Wildlife Ranch) Jan Venter (House Martin), Barend Smit (Protea Hotel Riempie) en Pienaar Muller (Wilgewan­del). Afwesig: Billy Engelbrecht (voorsitter, Safari Volstruisplaas), Suné Linde (Buffelsdrift), Hèlene Retief (Adley House) en Lanie-Marie Roets. • ’n Nuwe bemarkingsvideo vir Oudtshoorn en De Rust wat by toerismeskoue plaaslik en in die buiteland gebruik gaan word, is ook bekend gestel. • By die vergadering is voorts bekend gemaak dat planne om die veiligheid van toeriste op die dorp te verskerp, binnekort bekend gestel sal word. Foto Angelique Erasmus

Log in with your credentials

Forgot your details?