Goue vakansieroete!

BARON VAN REEDESTRAAT in Oudtshoorn staan nie verniet bekend as die “goue myl” nie – ’n naam wat die straat gekry het as gevolg van sy talle hotelle, gastehuise, restaurante en merkwaardige ou geboue, en ook omdat dit die begin is van die roete wat na die ikoniese en gewilde Kango Grotte en die ewe ikoniese Swartbergpas lei.

Van die bekendste ou geboue in Ba­ron van Reedestraat is die CP Nel Museum, Queen’s Hotel, die Prince Vint­cent-gebou, Mimosa Lodge en die Joodse si­nagoge.

Die pad na die Kango Grotte wat deur Schoemanshoek kronkel, is nie net ’n pragtige pad om te ry en daar­om ’n gewilde toerismeroete nie, maar dit is ook omsoom met verblyfplekke en toerismebesiens­waar­dig­hede. Hoog­­te­punte op dié roete is:

Die Kango Grotte
Die wêreldbekende Kango Grotte is een van die oudste en gewildste besienswaardighede in die streek. Dit is die enigste skougrot in Afrika wat erfenistoere (maklik) en avontuur-­toere bied onder die leiding van ervare, geak­krediteerde toergidse.
Omdat die Kango Grotte so gewild is, is dit egter noodsaaklik om toere drie dae vooruit te bespreek en so seker te maak dat jy nie teleurgesteld sal moet omdraai nie.

Die Swartbergpas en die Hel
Verken die Swartbergpas met Swartberg Mountain Tours en Roeland Gabriël as jou bekwame toergids wat dié pas soos die palm van sy hand ken. Dié pas wat in die 1880’s deur Thomas Bain met die hulp van gevangenes gebou is en soos die Kango Grotte in ’n wêrelderfenisgebied geleë is, word beskou as een van die wêreld se moet ry-passe.

Cango Caves Zipline
Die langste zipline in die Wes-Kaap – sowat 700 m – is net langs die Kango Grotte geleë. Gly alleen of twee-twee tot onder by die restaurant geleë op die Cango Caves Estate.

Karusa Wynkelder
Schoemanshoek se eie wynkelder, Karusa, is bekend vir sy gehalte wyne en craft bier asook ligte etes.

Kango Volstruisplaas
’n Besoek aan ’n volstruisplaas is ’n moet tydens ’n besoek aan Oudts­hoorn! Die Kango Volstruisplaas wat reg langs die Kango Grotte-pad geleë is, bied opwindende volstruistoere.

Extraordinary Eggs
Hier is volstruiseiers in enige kleur en geur te vind, elkeen uniek en met die hand geverf.

De Oude Meul
Dié werkende volstruisplaas bied uitstekende verblyf en spog ook met ’n groot banketsaal perfek vir ’n Klein Karoo-bruilof. Daar is ook ’n restaurant op die perseel.

Buffelsdrift Game Lodge
Buffelsdrift is slegs 5 km buite Oudtshoorn, maar laat jou gou voel asof jy in jou eie stukkie wildtuin is. Dié wildplaas bied luukse tentver­blyf, ’n spa en ’n restaurant met ’n uitsig oor ’n dam en die diere wat kom water drink. Buffelsdrift se olifanttoere, wildbesigtigingstoere en meerkatsafari’s is ook welbekend.

Cango Wildlife Ranch
Die Cango Wildlife Ranch by die uitgang van Oudtshoorn huisves meer as 90 dierespesies en bied “ontmoetings” met jagluiperds, ’n duiker­varing saam met krokodille, toere om al die diere te besigtig en vele meer.

Africamps Klein Karoo
Dié gewilde verblyfplek net buite Oudtshoorn spog met luukse tentverblyf in ’n omgewing soos seker nêrens anders in die wêreld nie.

Oue Werf Gastehuis
Dié gastehuis op ’n werkende fa­-mi­lieplaas en in die hartjie van Schoemanshoek is in die Spies-fami-lie sedert 1857 en welbekend vir sy egte Klein Karoo-gasvryheid.

Op Oudtshoorn: Karoo Palet
Selfsorgverblyf in ’n rustige woonbuurt in Oudtshoorn.

Lugro
Goeie kwaliteit handgemaakte volstruisleerprodukte soos volstruisleer- handsakke en volstruisleerbande.

Karoowater, op Calitzdorppad
Verblyf tussen Calitzdorp en Oudts­hoorn – selfsorg, wittebroodsuite, karavaanpark, funksie, warm­waterbad, waterslide en diere!

Calitzdorp, die Porthoofstad
Geen besoek aan die Klein Karoo is volledig sonder besoeke aan De Krans en Boplaas nie, twee wyn­kelders waar van Suid-Afri­ka se kampioen-wyne gemaak word.

Log in with your credentials

Forgot your details?