Besoekers van heinde en ver by Calitzdorp se Winterfees

Rieldansers van Calitzdorp het vanjaar ekstra kleur en opwinding aan die Winterfees verleen. Hier is van die bedrewe riel-dansers in aksie op die feesterrein by die ou Calitzdorp Stasie.

Rieldansers van Calitzdorp het vanjaar ekstra kleur en opwinding aan die Winterfees verleen. Hier is van die bedrewe riel-dansers in aksie op die feesterrein by die ou Calitzdorp Stasie.

Die langtafelete Sondagoggend op die stoep van die Calitzdorp Wynkelder was lank voor die tyd vol bespreek.

Die langtafelete Sondagoggend op die stoep van die Calitzdorp Wynkelder was lank voor die tyd vol bespreek.

Gaste geniet vonkelwyn op die graswal van die Calitzdorp Wynkelder met die pragtige Gamkavallei in die agtergrond.      Foto’s: Higgo Jacobs

Gaste geniet vonkelwyn op die graswal van die Calitzdorp Wynkelder met die pragtige Gamkavallei in die agtergrond. Foto’s: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
VANJAAR se Winterfees op Calitzdorp het weer besoekers van heinde en ver gelok, en veral van Kaapstad, die Tuinroete en elders uit die Klein Karoo.

Die ontspanne kleindorpse atmosfeer, die gasvryheid van die inwoners en die heerlike kos en goeie wyn van die talle plaaslike wynkelders laat mense elke jaar  in die winter na fees die terugkeer.

Die Winterfees word sonder borge aan­gebied en geen toegang is vanjaar iewers gevra nie.

“Ons kan sê dit is ’n ware gemeenskapfees,” het Briëtte Barry, organi­seer­der en gasvrou van Sondag se langtafel- ete, oor die

Winterfees wat van Vrydag tot Sondag (15 tot 17 Junie) geduur het, gesê.

Die langtafelete op die stoep van die Calitzdorp Wynkelder was soos voorheen baie gewild. Die 80 sitplekke was volgens Barry lank voor die tyd vol bespreek. “Dit is die elfde jaar wat ons dié ete aanbied waarvan die opbrengs na die NG Kerk op Calitzdorp gaan. Ons glo as mense saam eet en kuier, leer ken hulle mekaar beter en gebeur daar mooi dinge in ons dorp.”

Be the first to comment on "Besoekers van heinde en ver by Calitzdorp se Winterfees"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*