2018 se Kamp van die Jaar!

Esti de Jager met die Africamps Kamp van die Jaar-toekenning wat Africamps Klein Karoo gewen het. By haar van links is Manou Bleumink, Piet en Laura Schoeman, en Arnold de Jager (agter). Manou en Jeroen van Rootselaar is die stigters en eienaars van die Africamps-konsep.

AFRICAMPS KLEIN KAROO is op 1 November vanjaar – presies drie jaar nadat dié besonderse verblyfplek net buite Oudts­hoorn op ’n werkende volstruisplaas geopen het – aangewys as Africamps se Kamp van die Jaar vir 2018.

“Ons is baie trots,” sê Esti de Jager, wat Africamps Klein Karoo bestuur. Sy en haar man, Arnold, is mede-eienaars van Afri­camps Klein Karoo saam met Piet en Laura Schoeman.

Africamps Klein Karoo het die toekenning gewen op grond van hul gewildheid onder toeriste, goeie diens en die terugvoer van die pu­bliek.

Oudtshoorn se Africamps, die eerste van dié verblyfplekke wat in Suid-Afrika geopen het, is nou drie jaar oud. Dié luukse tentverblyfplekke staan bekend as “glamping camps” en is boetiek-kampspesialiste. Die goed toege­ruste tente in ’n afgesonderde omgewing sorg vir ’n ware kampervaring, maar in gerief.

Vandag is daar agt sulke Africamps in Suid-Afrika, sewe daarvan in die Wes-Kaap.

Esti vertel dat hulle aanvanklik net vyf luukse tente gehad het, maar die vraag was so groot dat dit uitgebrei is na 12 tente.

En oor die gewildheid van Afri­camps Klein Karoo kan daar nie twyfel wees nie – die besetting van die tente was al tot 92% vol bespreek in party maande!

Log in with your credentials

Forgot your details?