Yaron en Rozanne draf voor

YARON Venter (20 min 45 sek) en Rozanne Theart (24:45) was Saterdag onderskeidelik die eerste man en vrou oor die eindstreep van die Oudts­hoorn Parkrun by Surval.

Theart was algeheel 12de.

Le Roux van Dyk (20: 51) was die tweede man met die veteraan soldaat, Patrick Peters (21:12) derde.

Joel Charles (15) was die eerste junior in ‘n tyd van 26:35.

Altesame 121 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.

Henry Carstens het Saterdag sy 200ste Parkrun op Oudtshoorn gehardloop.

Saterdag se ander voorste deelnemers was Christo Niemand (21:50), Paul Vivash (22:33), Andrew Els (22: 59), Newald Groenewald (23:01), Gerhard van Lill (23:07), Stephan Cornelissen (23:19), Frikkie Kock (23:48), Christo Theart (24:09), Francois le Roux (25:07) en Jeane Newman (25:26).

(Deur Garnett Wicomb)