Yaron en Bianca weer eerste

Die 83-jarige Daniel Moelich (bo) wat Saterdag sy 150ste Parkrun voltooi het, en Ria van Niekerk (regs) wat haar 50ste Parkrun voltooi het.

Deur Garnett Wicomb
YARON Venter was Saterdag in 19min 56sek weer die eerste man oor die eindstreep van die Oudtshoorn Parkrun by Surval, en Bianca van der Westhuizen in 23 min 44 sek die eerste vrou.

Die 9-jarige JJ Groenewald was die eerste junior en algeheel sewende by die eindpunt.

Saterdag se ander voorste hardlopers (tye in hakies) is Thys Jamneck (20:38), Patrick Peters (21:00), Newald Groenewald (23:45), Jaco Gel-denhuys (24:16), Hildegard Geldenhuys (24:17), Michael Foster (24:48), Hans Lareman (25:02), Jacques Jacobs (25:17), Sarah Viljoen (27:10), Sarel Karmionsky (27:31), Henry Carstens (27:42), Noel Rhoda (27:54). Dale Macintosh (27:58), Owen van Rooyen (28:36), Marku van Rooyen (28:37) en Francois le Roux (28:50).

Log in with your credentials

Forgot your details?