Willeman wen groot pak vleis!

Louis Willeman (links) met die groot pak vleis wat hy Saterdag as wenner van die Oudts-hoorn Gholfklub se maandelikse vleisdag gewen het. By hom is Coenie Coetzee wat tweede was. Die vleis is geborg deur Oudts-hoorn Spar.          Foto: Higgo Jacobs

Louis Willeman (links) met die groot pak vleis wat hy Saterdag as wenner van die Oudts-hoorn Gholfklub se maandelikse vleisdag gewen het. By hom is Coenie Coetzee wat tweede was. Die vleis is geborg deur Oudts-hoorn Spar. Foto: Higgo Jacobs

LOUIS WILLEMAN het Saterdag die Oudtshoorn Gholfklub se gewilde maandelikse vleisgholfdag met ’n telling van 39 punte gewen.

Coenie Coetzee, ook met 39 punte, was op ’n uittel tweede. Clement Rex en Nolan Dreyer, albei met 38 punte, was op ’n uittel derde en vierde. Jaco Mortlock was vyfde met 37 punte.

Die boerpot is gedeel deur Kobus Griebenouw, Terry van Coller, Coetzee en Rex.

Bruce Pienaar het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan en ook ’n spogtwee op dieselfde putjie geslaan. Nog spogtwees is behaal deur Marius Westraad en Desmond Malgas op die 12de, en Mortlock en Rex op die 15de.

• Woensdag, 24 Januarie, se individuele stableford is deur Deon Barnard met ’n telling van 42 punte gewen.
Nolan Dreyer (40 punte) was tweede en Etienne Roos (36 punte) derde. FJ Pretorius en Francouis Verwey, albei met 35 punte, was op ’n uittel vierde en vyfde.

Barnard het die boerpot gewen en Fanie Greeff het op die 15de putjie die naaste aan die pen ge-slaan.
Spogtwees is deur Barnard op die 3de en Dreyer op die 8ste behaal.

Log in with your credentials

Forgot your details?