Wesbank wen taai stryd teen NMU

Deur Garnett Wicomb
Die Wesbank Tennisklub het Saterdag op sy tuisbaan in ’n taai wedstryd in die gemengde liga van die Eden Tennisvereniging net-net die span van die Nelson Mandela Universiteit (Georgekampus) met ses potte geklop.

Die twee spanne het elk drie wedstryde gewen, maar Wesbank het 68 potte gewen teenoor hul teenstanders se 62 potte.
Die volledige uitslae is (Wesbank-spelers eerste): Jacques de Beer en Christine van Coller k Stef van Heerden en Lizelle Fourie 6-3, 6-3 en 3-6, 6-1, 7-6.

Dirk Potgieter en Rida Bester v/t JP Barnard en Carol Bayley 2-6, 4-6 en teen Tristan Fourie en Maaitjie Ferreira 3-6, 3-6. Theunis Kruger en Karin Deltenre v/t Fourie en Ferreira 6-2, 4-6, 6-7 en klop Barnard en Bayley 6-1, 6-3.

Be the first to comment on "Wesbank wen taai stryd teen NMU"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*