Wêreldrekord, agt SA rekords spat!

Oudtshoorn se atlete wat by die SA Meestersatletiekkampioenskap gepresteer het met hul medaljes is van links Johann Coetzer, Toy Ungerer en Frans Kalp. Foto’s: Higgo Jacobs

Toy Ungerer op pad wenpaal toe in die 400 m.

Deur Higgo Jacobs
’N wêreldrekord in die vyfkampworpe en agt Suid-Afrikaanse rekords het in die slag gebly tydens die Suid-Afrikaanse Meestersatletiekampioenskap wat van Donderdag tot Saterdag, 2 tot 3 Mei, in die De Jager Stadion op Oudtshoorn aangebied is.

Van die Oudtshoorn-atlete wat deelgeneem het, het Johann Coetzer ’n goue medalje in die verspring gewen met ’n SWD Meestersrekord-afstand van 5,16 meter. Dit was ook sy eerste goue medalje by ’n meestersbyeenkoms.

Coetzer het ook ’n silwer medalje in die hoogspring gewen met ’n hoogte van 1,45 m en brons in die 200 m.

Hy het ook in twee van die items gekwalifiseer vir nasionale kleure. Coetzer neem in die ouderdomsgroep 60+ deel.

Toy Ungerer spog met drie goue medaljes wat sy onderskeidelik in die 100 m, 200 m, en 400 m gewen het.

Sy neem deel in die ouderdomsgroep vir vroue 70+.

Frans Kalp, wat in die ouderdomsgroep 55+ meeding, het brons in die 400 m gewen.

Log in with your credentials

Forgot your details?