Weer tyd vir Leopard Crawl MTB!

DIE jaarlikse Leopard Crawl MTB, ’n geleentheid vir die hele gesing, word vanjaar op Saterdag, 2 Februarie, deur die Laerskool Wesbank aangebied.

Die Leopard Crawl-bergfietsroete bied ’n opwindend ervaring. Die roete is van so ’n aard dat onervare ryers dit ook kan geniet.

Die Leopard Crawl is drie afstande – 72 km, 45 km en 18 km. Al drie roetes lei deur die Infanterie- en Opleidingsgebied en omliggende plase.

Vir die gesin is daar prettrappe oor 13 km en 5 km. Daar is ook ’n 5 km-pretstap.

Inskrywing kan by Cycle Addict op Oudtshoorn gedoen word, asook op die dag van die byeen-koms. Vir meer inligting, kan belangstellendes gerus www.leopardcrawl.co.za besoek.

Elke deelnemer kry ’n medalje. Die dag word afgesluit met ’n gelukkige trekking met pryse ter waarde van altesame R10000.

Vir enige navrae, kan Pieter Grimbeek by sel 0721157848 gekontak word.

Log in with your credentials

Forgot your details?