Warm gholf by Vryburgerdag

William Phillipus (naaslinks) en Ian Laubscher (naasregs) was Saterdag die wenners van Oudtshoorn Vryburgers se geborgde gholfdag. Links staan Constant de Waal, stuurman van die Vryburgers op ­Oudtshoorn, en regs is De Villiers Viljoen van die borg, CP Nel Bakwerke. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Ian Laubscher en William Phillipus het Saterdag met ’n telling van 48 punte die Oudtshoorn Vryburgers se 4BBB stableford-gholfdag gewen.

Altesame 54 spelers het in kwaai warm omstandighede deelgeneem.
Winston Coerecius en Philippus, ook met 48, was op ’n uittel (pivot in 3-bal ) tweede. Higgo Jacobs en Niel Truter (46) was derde.

Hierna het op ’n uittel van 45 ge­volg Terry van Coller en Reinhardt van Coller (4de), en Deon van Dyk en Carl Hancke (5de).

Deon Hancke het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan.

Spogtwees is deur Wayne Meyer (8ste), Rudi Mortlock (12de) en Salie Oostuizen(15de) geslaan.

 

Log in with your credentials

Forgot your details?