Vyfjarige steel kollig by Meiringspoort Challenge

Francois Maquassa van die Nedbank Atletieklub wat die veldwedloop oor 9,5 km in 41 min 56 sek gewen het. Foto’s: Higgo Jacobs

Die 5-jarige Alrie Eloff wat die bergfiets­ren oor 19,5 km voltooi het.

Aksie in die 19,5 km bergfietsren. Foto’s: Higgo Jacobs

Louis Visser (regs), wenner van die bergfiets­ren oor 61,5 km, saam met Henkie du Plessis, organiseerder van die bergfietsrenne.

Deur Higgo Jacobs
’n Vyfjarige graad R-leerder van Oudtshoorn het Saterdag die kollig by die Mei­ringspoort Challenge by De Rust gesteel toe sy die bergfietsren oor 19,5 km voltooi het.

Alrie Eloff was een van die 42 fietsryers wat aan die 19,5 km bergfietsren deelgeneem het en het in ’n tyd van 01:33:52 30ste geëindig. Volgens haar pa ry sy fiets vandat sy drie jaar oud is.

Die Meiringspoort Challenge vir bergfietsryers en veldwedlopers is vanjaar vir die sesde keer aangebied. Volgens Pieter Schoeman, een van die organiseerders, was daar vanjaar ’n afname in die getal inskrywings. Hy skryf dit toe aan onder meer finansiële redes.

“Ons is nogtans baie tevrede met die groot getal deelnemers en toeskouers wat hier was. Die ekonomiese inspuiting wat die byeenkoms meebring, spoel na die hele gemeenskap oor,” het hy gesê.

Die vernaamste uitslae in die afdeling vir bergfietse is as volg:
• 61,5 km: Manswenner – Louis Visser in 02 uur 23 min 17 sek. Vrouewenner: Jean Marie Roelofse in 03:08:59;
• 31 km: Manswenner – Matthewe Leppan in 01:06:35. Vrouewenner – Kristen Roelofse in 01:17:35; en
• 19,5 km: Manswenner – Louis Venter (gr 8-Gimmie) in 46:09. Vrouewenner – Jolanda Smith in 01:01:21. Die 5-jarige Alrie Eloff was 30ste in 01:33:52.

Die uitslae in die afdeling vir veldwedlope is soos volg:
• 20 km: Manswenner – Gershwill Jacobs van Oudtshoorn in 01:18:47. John April, ook van Oudtshoorn, was tweede in 01:19:53. Vrouewenner – Rose de Jonge in 01:55:06; en
• 9,5 km: Manswenner – Francois Maquassa van Oudtshoorn in 41:56. Vrouewenner – Jessica Deuine in 55:43.

Log in with your credentials

Forgot your details?